Jacques Ellul

Jacques Ellul
Ellul in 1990
Gebore
Jacques César Émile Ellul

6 Januarie 1912
Sterf19 Mei 1994 (op 82)
NasionaliteitFrans
BeroepSkrywer, filosoof, teoloog
WerkgewerUniversiteit van Bordeaux
Beweging20ste-eeuse filosofie
Noemenswaardige werke
  • Die tegnologiese gemeenskap
    Propaganda
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "werkgewer" (this message is shown only in preview).
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "beweging" (this message is shown only in preview).

Jacques Ellul (*6 Januarie 1912 – †19 Mei 1994) was ’n Franse filosoof, sosioloog, leketeoloog en professor wat ook bekend was as Christelike anargis. Ellul was jare lank hoogleraar in geskiedenis en die sosiologie van instellings aan die Fakulteit van Regte en Ekonomiese wetenskappe aan die Universiteit van Bordeaux. Hy was ’n bedrywige skrywer en het in sy leeftyd meer as 60 boeke en 600 artikels geskryf[1] waarvan talle besprekings bied oor propaganda, die impak van tegnologie op die gemeenskap en die interaksie tussen geloof en politiek. Die dominante tema van sy werk het die bedreiging wat deur moderne tegnologie geskep is ten opsigte van menslike vryheid en godsdiens geblyk te wees. Ellul het nie gevra na die verwydering van moderne tegnologie of tegniek nie, maar het eerder daarna gestreef om ons persepsie van moderne tegnologie en tegniek te verander na iets wat ’n nutsmiddel is eerder as iets wat die status quo reguleer.[2] Twee van sy invloedrykste boeke is La technique ou l'enjeu du siècle (Die tegnologiese gemeenskap) en Propagandes (Propaganda: die forming van menslike houdings).

Ellul word deur talle gesien as ’n filosoof maar hy is opgelei as sosioloog en het die kwessie van tegnologie en menslike aksie vanuit ’n dialektiese oogpunt beskou. Sy skrywes hou dikwels verband met die opkoms van ’n tegnologiese tirannie oor die mensdom. As ’n filosoof en teoloog het hy voorts die godsdienstigheid van die tegnologiese gemeenskap ontdek. In 2000 het ’n groep oudstudente van Ellul die Internasionale Jaqcues Ellul-genootskap gestig. Die genootskap, wat akademici van ’n verskeidenheid studievelde insluit, is toegewy aan die voortsetting van Ellul se nalatenskap en die bespreking van die kontemporêre toepaslikheid en implikasies van sy werke.[3]

  1. (en) Dawn, Marva; Peterson, Eugene (2000). The Unnecessary Pastor: Rediscovering the Call. Wm. B. Eerdmans Publishing. p. 103.
  2. (en) Ellul, Jacques (2004). Perspectives On Our Age: Jacques Ellul Speaks On His Life And Work. Toronto: House of Anansi Press Inc. p. 89.
  3. "About". International Jacques Ellul Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 30 November 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search